Wie Raas So?

My naam is Francois Kotze. Ek is ‘n Hidrogeoloog van beroep (ja, nie net ‘n gewone geoloog nie, ek was nie tevrede met net droë klippe nie…).
Tesame met wetenskap, is teologie, geskiedenis en filosofie my voorste belangstellings. Buiten hierdie intellektuele harstogte geniet ek ook graag die eenvoudiger dinge in die lewe, soos ‘n uitdagende staptog in die Drakensberge, bedrewe orrelspel van Psalm 42, 'n goeie grappie en 'n yskoue bier na 'n lang dag in die veld.      

Gunstelling teoloog: Martin Luther
Gunstelling roman: Offerland deur F.A. Venter
Interessante feit: Ek was eenkeer in Madagaskar gestrand.

Hi, Wynand ‘t Hart hier, die ander ou in die ander boot. Net soos Francois is ek ook iets met ‘n -loog; ‘n Teoloog. Tans is ek besig met my MTh in Apologetiek waar ek tyd verwyl met die nadink oor die tyd self. Die wysbegeerte lê my baie na aan die hart en daarmee saam verlustig ek myself graag in trompetspel en orrelspel; politieke gesprek en ‘n goeie leesboek of twee.

Gunsteling teoloog: John Frame, Timothy Keller, Herman Bavinck, Dietrich Bonhoeffer, Wilhelmus à Brakel (Daar’s eintlik te veel…)
Gunsteling roman: Man van Cirene deur F.A. Venter
Interessante feit: Ek het eenkeer ‘n perfekte Guinness G-split gedoen (gaan google maar wat dit is)