Wat Gaan Hier Aan?

Hier op die blog is ons doel eenvoudig: om te skryf oor teologie, filosofie en alles anders wat redelik is (mmm...pittig!)

Ons loop padlangs en delf kop eerste in die dieper dimensies van geloof en rede, waar die waarheid van die Skrif, die wysheid van die Kerkvaders en Hervormers, en almal wat nie in die besigheid is om louwarm denkwerk te smous nie, ons rigting gee. Ons daag onsself hier uit en deel daardie uitdagings met die lesers, sodat die evangeliewaarheid nie net in die kop sal sit nie, maar ook 30cm (of hoe ver dit ookal vir jou is...) na die hart sal afsak.